Home

Hallo …

Ek het lánk geloop met die gedagte om my eie blog op die been te bring, maar het dit bly uitstel.  Soos die spreekwoord tereg lui:  “Van uitstel, kom afstel.”  Tot eendag …  ‘n Goeie vriend wat ‘n kenner (en meester) is op die gebied van sosiale media en blogging, het my oorreed (eintlik vriendelik forseer!) om my eie blog te begin.  Nou.  2017.  En hy’t sommer inisiatief geneem en my blog solank vir my begin opstel.  Duisend dankies Nico Baird.  Jy’s ‘n mentor en vriend duisend!

My blog weerspieël my gedagtes, drome en ideale.  Ek deel stukkies van my lewe in die vorm van skryfwerk en foto’s.  Baie van die artikels wat jy hier sal lees maak deel uit van ‘n reeks rubrieke wat ek skryf vir “Bloemnuus”, ‘n gemeenskapskoerant van Media 24.

Daar is ook hoogtepunte van my akademiese- en radioloopbaan wat ek deel en talle foto’s waardeur jy kan kliek.  Kom saam … geniet die reis!

Share Button